//
VAALPARK. – Die bekende Leeus-afrigter, Johan Ackerman, is die gasspreker tydens ‘n spesiale funksie Vrydag 4 November by die N.G Kerk Vaalpark.
Sport Memorabilia sal ook tydens die geleentheid opgeveil word.
Die funksie begin om 18:30. Kinders vanaf 13 jaar en volwassenes is welkom.
Mense kan of per tafel of sitplek in die kerk bespreek en moet hul eie verversings saam bring.
Tafelbespreking: Daar sit 10 persone per tafel wat uitwerk op R800. Nooi kliënte, familie en vriende.
Verversings; besluit self wat jy aan jou gaste gaan voorsit.
Mense wat per tafel wil bespreek kan JP van der Walt kontak op (016) 971-4008 / 082 442 7025 of Johan Prinsloo 082 856 3853.
Sitplek in die kerk werk uit op R60 per persoon. Kontak Antjie Serfontein – 083 650 5078 of die kerkkantoor.
Kaartjies sal vanaf 25 September beskikbaar wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



