CommunityNews

#DuPreezHofsaak Wat het sover gebeur vandag?

Du Preez Saak Dag 3 Artikel 1 Die omstrede du Preez gesinsmoord saak vervat vandag 12 Oktober. Dit is die derde dag van die verhoor van Fanie du Preez (4). Hy staan tereg op ses aanklagte waarvan drie op die moorde van sy gesin.

VEREENIGING. – Die omstrede Du Preez-gesinsmoordsaak hervat vandag 12 Oktober in die Hooggeregshof in Vereeniging. Dit is die derde dag van die verhoor van Fanie du Preez. Hy staan tereg op ses aanklagtes waarvan drie moord op sy vrou, Thea, dogter, Carlia en seun, Phllip, insluit.

09:30 –  Ao. Sithole sit sy getuienis voort met advokaat Van Wyk se kruisondervraging. Advokaat Van Wyk verwys na foto’s van die toneel en wil weet of die foto’s in ‘n kronologiese volgorde geneem is. Hy vra ook ao. Sithole of hy al die DNA-toetse op die toneel gedoen het.

Met verwysing na die foto’s vra advokaat Van Wyk Sithole meer oor die handskoen en hoekom hy die vuurwapen beveilig het, waarop ao. Sithole sê dit is standaard prosedure.

Advokaat Van Wyk vra ook vrae oor die patroondoppies en ammunisie asook die posisie van die lyke toe dit afgeneem is. Hy meen die foto’s is nie agtermekaar nie.

10:00 – Advokaat Van Wyk vra ao. Sithole van watter items DNA-toetsmonsters geneem is, waarop ao. Sithole sê net een van die vuurwapens.

Ao. Sithole is verder gevra oor die leer wat gebruik is om toegang tot die dakluik te verkry. Advokaat Van Wyk stel aan ao. Sithole dat die bakkie wat in die pad gestaan het eers verwyder moes word sodat die leer tot op die grond kon sak.

10:15 –  Regter De Vos bevraagteken die grootte van die motorhuis en die beweegruimte binne.

634A9519 (Small)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button