
Dié gevaarsone is op die hoek van Hall Caine- en Neserstraat.
Dit is vermoedelik ‘n waterlek wat die munisipaliteit gepoog het om reg te maak, maar die gat is steeds nie toegemaak nie.
Die water loop vanaf die gat in die pad en die sypaadjie is ook besig om in te gee. Wat dit baie gevaarlik maak, is dat daar ook ‘n kragkabel is wat oor die gat hang.
Navrae word op ‘n gereelde basis aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gerig, maar sonder enige sukses.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



