
Die soektog na die driejarige Everlate Chauke van Alexandra het vandag hervat.
Haar pa het Woensdag tydens die kitsvloede in ‘n boom geklim om van die stormwater weg te kom, maar die tak het gebreek en Everlate is in die water van die Jukskeirivier meegesleur.
Reddingspanne het Donderdag die rivier in Alexandra en omliggende dele deursoeken die soektog duur voort.
Talle gesinne is dakloos gelaat na die kitsvloede.
Swaar reën, donderstorms en hael word ook vir vandag voorspel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



