Elda Fourie van Vanderbijlpark, wat haar kind aan die dood moes afstaan weens dwelms, wil alle ouers en jongmense graag op die gevare van dwelmmisbruik wys. Sy is betrokke by die aanbieding van ‘n bewusmakingsdag later vanoggend.
Elda skryf:
Ons hou ‘n bewusmakingsprojek teen die gebruik van dwelms vanoggend, 12 November, om
09:00. Ons wil graag die gemeenskap van Vanderbijlpark nooi om saam met ons te kom stap en bid. Ons vertrek on 09:00 vanaf Crossroads in Bequerelstraat.
Graag wil ons ook vra dat buurtwagte van alle areas betrokke sal wees en soveel mense as moontlik wat wil help om dwelmmisbruik te bekamp.
Waterbottels sal beskikbaar wees. Dis ‘n “purple drive”. Die gemeenskap kan ook plakkate en baniere maak en saambring.
Ons het 500 kruise wat ons gaan opsit in en om die veld, asook ‘n kruis oprig en ‘n gebed doen waar Brandon se laaste oomblikke in die veld was.
Vir meer inligting kontak 074 740 7149 – Fox drive against drug abuse. Baie dankie. Elda Fourie



