CommunityNewsNews

105 en geen keer aan Ouma Lenie

// Sy het haar 105de verjaardag op 10 November saam met familie en vriende in Ons Gryse Jeug, waar sy ook die oudste inwoner is, gevier. Ouma Lenie is in Elandsfontein in die Vereeniging distrik gebore. Sy het kort na haar troue met Theuns Badenhorst na Kaalfontein getrek, waar hulle met snyblomme geboer het en …

//

Sy het haar 105de verjaardag op 10 November saam met familie en vriende in Ons Gryse Jeug, waar sy ook die oudste inwoner is, gevier.
Ouma Lenie is in Elandsfontein in die Vereeniging distrik gebore.
Sy het kort na haar troue met Theuns Badenhorst na Kaalfontein getrek, waar hulle met snyblomme geboer het en hul drie dogters grootgemaak het. In 1960 het hulle na Sasolburg verhuis waar Theuns tot en met sy aftrede gewerk het.
Ouma Lenie bly al vir 56 jaar in die dorp. Selfs nadat sy na Ons Gryse Jeug verhuis het, het haar groen vingers vir niks verkeerd gestaan nie en het sy nog vir jare die prys gewen vir die mooiste tuin in die tehuis.
Ouma Lenie is ook ‘n kranige naaldwerkster en het vele eerste pryse by Vereeniging en Sasolburg se landbouskoue ingepalm met haar hekel- en breiwerk. Haar verstand is nog baie helder en sy is vinnig om ‘n grappie te maak en te glimlag.
Volgens haar en haar familie het sy haar hoë ouderdom te danke aan harde werk haar hele lewe en veral aan genade van Bo.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button