CommunityNewsNews

Wonderwerk: Man leef na boom op hom val

VEREENIGING. - Dit is nie aldag wat ‘n verhaal ‘n gelukkige einde het nie, om nie eers te praat van ‘n ‘dubbele’ gelukkige einde nie.

//

In JJ Veldman (22) se geval kan hy getuig van ‘n gelukkige einde nadat ‘n boom op 16 November, gedurende die swaar reën en donderstorms, op hom geval het terwyl hy met sy bromponie gery het.
Die voorval het tussen 19:00 en 20:30 op die hoek van Ringweg en Limpopostraat gebeur. JJ se vriendin, Linky, beskou dit as ‘n wonderwerk dat hy die fratsongeluk oorleef het. Sy het besluit om die skrikkeljaar ten volle te benut voor dit te laat is en hom gevra om met haar te trou, sommer in die hospitaal.
Linky het JJ in die hospitaal gevra om te trou.
Linky het JJ in die hospitaal gevra om te trou.
JJ is deur inwoners onder die boom opgemerk, waarna die nooddienste geskakel is om bystand te verleen.Hy het onder meer sy femur op drie plekke gebreek, sy linker enkel, sy heup en sy kniekop is ook erg beseer. Hy was vir drie dae in die intensiewe-sorgeenheid van Sebokeng Hospitaal en wag nou om ‘n operasie te ondergaan om die frakture te herstel.
“Dit is vir ons baie erg. Ons twee kinders, Jay-Lee en Tyron het vir hul pappa gewag om huis toe te kom, maar hy het daardie aand nooit teruggekom nie,” sê Linky. Sy sê verder dat hy onder die boom uitgehaal is, en as iemand hom nie gesien het nie, sou hy moontlik nie vandag nog geleef het nie.
Gerugte het ontstaan dat ‘n voertuig JJ gestamp en weggejaag het, waarna hy onder die boom beland het, maar daar is egter geen konkrete bewyse daarvoor nie. JJ kan niks van die ongeluk onthou nie.
Die gesin voor die ongeluk.
Die gesin voor die ongeluk.
JJ is tans in erge pyn en sy familie hoop dat hy spoedig die nodige hulp sal kry. Die familie wil graag elkeen bedank wat hulp verleen het, in besonder Adele en Henry wat op hom afgekom het. Groot dank gaan ook aan Bikers for Bikers wat finansieel ‘n bydrae gelewer het.
Enige persoon wat meer besonderhede oor die voorval het, kan Linky by 074 324 9907 skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button