Dié week in Vaalweekblad: 30 Nov 2016
'n Opsomming van die nuus in hierdie week se Vaalweekblad.

Hierdie week se Vaalweekblad is nou op die rakke en op straat, en is soos altyd propvol nuus. Hierdie week is daar ook ‘n bonus Engelse koerant ingesluit, so sê vir jul Engelse bure om ‘n eksemplaar te koop. Hoe meer mense Vaalweekblad se papier-uitgawe koop, hoe langer kan ons volhou om gratis daaglikse nuus op Facebook en www.vaalweekblad.com te plaas.
Vaalweekblad se voorblad toon die laaste groet van ‘n Polisie-erewag agter die stoetvoertuig en kis by die begrafnis van die vermoorde polisievrou, Michelle Stephenson.
Dan berig ons ook oor die vonnisoplegging van die “wurg-ma” wat haar dogtertjie skynbaar tydens ‘n “dagga-high” vermoor het.
Ons vertel ook meer oor hoe dit gebeur het dat sanger Manie Jackson die verhoog met ‘n gestremde sangertjie gedeel het – die video is nou al vêr oor 100 000 keer gekyk!
Die Engelse bylae is ook propvol interessanthede soos ‘n onbeveiligde “kloof” van byna 3 meter langs een van ons besigste boulevards. Lees ook wat jy moet doen as jy bevordering by jou werk will kry of as jy ‘n DVD-reeks oor die 2de Anglo-Boereoorlog wil wen!
Ons sportblaaie berig onder andere oor vanjaar se Vaalweekblad Sport-ster van die Jaar – baie geluk aan die pryswenners. Die Vaaldriehoek spog regtig met bogemiddeld goeie sportmense, selfs reeds op laerskoolvlak.
Ons sportblaaie berig ook oor die pragtige Monique van Emmenis, wat hierdie week meer vertel oor die eise wat liggaamsbou aan ‘n sportvrou stel.
Kry jou Vaalweekblad vanoggend teen R5-10 by jou naaste straatverkoper of kafee!



