CommunityNewsNews

Verwyder liefs jou verjaardag van Facebook

Die meerderheid van ons gebruik Facebook dikwels as ons 'verjaardag-kalender'. Dit is mos baie makliker om deur dié sosialemedia-platform ingelig te word dat een van jou vriende verjaar as om 'n notaboekie by jou te dra. 

Om jou verjaardag op Facebook bekend te maak kan jou egter duur te staan kom, want identiteitsdiewe is veral bedrywig op sosialemedia-platforms om persoonlike besonderhede van individue soos jou naam en van, adres, verjaardag, selfoonnommer en e-posadres te bekom. En as jy jou weer kry is jy ook deel van die identiteitsbedrog statistiek.

Volgens Cifas (die Verenigde Koninkryk se vedrogverhinderingsdiens) het aanlyn identiteitsbedrog die afgelope jaar verdubbel en om jou verjaardag boonop op Facebook bekend te maak, loop jy ‘n groter risiko.

Wees veilig en haal maar jou verjaardag van Facebook af, voor dit dalk te laat is.

Hoe om jou verjaardag van Facebook af te haal:

Stap 1: Gaan na jou tydlyn op Facebook
Stap 2: Klik op “About”
Stap 3: Klik op “Contact and Basic Info”
Stap 4: Klik op die slot-ikoon langs jou verjaardag en verander na “Only me”
Stap 5: Berg die veranderings

Gaan na die opsie 'Contact and basic info'. Beweeg die rekenaarmuis langs die kant waar jou verjaardag staan, click op edit en verander die opsie na 'Only me'. Onthou om die veranderinge te berg.
Gaan na die opsie ‘Contact and basic info’. Beweeg die rekenaarmuis langs die kant waar jou verjaardag staan, klik op die slot-ikoon en verander die opsie na ‘Only me’. Onthou om die veranderinge te berg.

 

Bron: Huisgenoot

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button