CommunityNewsNews

Twee kinders dood na weerlig hulle tref

MEYERTON. - Twee kinders is gisteraand, (30 November) dood toe hulle deur weerlig getref is.

Net na 18:00 het swaar reën en donderstorms in Meyerton losgebreek.

Die twee kinders was in ‘n veld, naby Almastraat, oorkant Americana Hardware toe hulle deur die weerlig getref is.

Midvaal Brandweer en nooddienspersoneel is na die toneel ontbied.

Vroeër in November is ‘n man in Vanderbijlpark ook dood na hy deur weerlig getref is.

Meer besonderhede oor gisteraand se voorval is nog nie aan Vaalweekblad bekend nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button