Tommy en Lo-Anne het met alle mag probeer om teen die rowers terug te baklei, maar twee skote is afgevuur wat Lo-Anne noodlottig getref het.
Die rowers het toegang tot die huis deur Tommy se kantoorvenster verkry. Hy het sy eie konstruksiemaatskappy op die perseel.
Tommy en Lo-Anne het sowat ‘n maand gelede ewig trou aan mekaar beloof. Sy het twee seuntjies, onderskeidelik 10 en agt jaar, wat ook in die huis was. Haar ma, suster en susterkind het ten tyde van die voorval by hulle gekuier. Die rowers het Lo-Anne geskiet, waarna hulle vir Tommy in die slaapkamer vasgebind en op die vloer laat lê het.
“Hulle het gesê as ek nie stil lê nie, maak hulle my dood. Lo-Ann se ma, suster en die kinders is in die sitkamer aangehou.
Volgens konst. Maria Letsele, woordvoerder van die Meyerton-polisie, is hulle steeds besig met die ondersoek en het reeds die voertuig wat gesteel is, in De Deur teruggekry.
Lees ook: Glen Donald-moord: Twee seuntjies nou sonder ‘n mamma



