CommunityNewsNewsSportSport

En so raak die Vaaldam voller

Rand Water het op 1 Desember die nuutste watervlak bekendgemaak en die Vaaldam se watervlak het met meer as 10 persent gestyg.

Die Vaaldam se watervlak staan nou op 37 persent, waar dit ‘n maand gelede byna onder die minimum watervlak van 25% was.

Groot kommer het egter geheers oor die Vaaldam se watervlak, siende dat dit aan inwoners van Gauteng water voorsien. Te danke aan onlangse reënval in die opvangsgebiede asook water wat van die Sterkfonteindam vrygestel is om die Vaaldam te help, lyk die situasie effens beter.

Inwoners word steeds gevra om water spaarsamig te gebruik en die reëls aangaande waterbeperkings streng na te kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button