CommunityNewsNews

Man in hof wat sy vrou doodgeskiet het

VEREENIGING. - Vandag is 'n groot dag in die Hooggeregshof in Vereeniging. Vandag sal die verhoor van die vermeende moordenaar van die 27-jarige Ché Rudelle Fox (Kester) na verwagting begin.

Ché is op 6 November 2014 in haar huis in Rust-ter-Vaal doodgeskiet. Die ondersoek het aanvanklik nie veel opgelewer nie, maar 17 maande na haar dood is haar man, Edward Kennedy Fox, ‘n polisieman vir die Flying Squad in die Vaaldriehoek, in hegtenis geneem. Hy het aanvanklik gesê sy is deur inbrekers geskiet.

 

Fox het op 21 April in die hof verskyn en is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

In ‘n stampvol hof wag vriende, familie en inwoners van Rust-ter-Vaal vir die verhoor om te begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button