NewsNews

Brand in Meyerton se hoofstraat

MEYERTON. – ‘n Brand het gisteraand by ‘n woonstel in Lochstraat, Meyerton, uitgebreek.

Midvaal Brandweer is om 21:20 ontbied na die brand op die eerste verdieping. Sewe brandweermanne is met twee brandweerwaens na die toneel om die brand te blus.

Met hul aankoms was een vertrek aan die brand, maar hulle het dit spoedig geblus voor dit kon versprei na die res van die gebou.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Midvaal Brandweer op die toneel in Lochstraat.
Midvaal Brandweer op die toneel in Lochstraat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button