CommunityNewsNews

Vragmotor-ongeluk op die R59

MEYERTON. - Twee mense is beseer toe 'n vragmotor net voor die Johan le Roux-afrit, op die R59, rigting De Deur, omgeval het.

Midvaal Brandweer en noodpersoneel is vroeg vanoggend na die toneel ontbied.

Die vragmotor wat hout vervoer het, lê langs die kant van die pad en die hout in ‘n perseel langs die R59.

Daar word tans gespook om die diesel-lek te stop.

Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.

IMG-20161206-WA0001
Die ongelukstoneel op die R59

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button