
Die waterlek het op 3 Desember begin, waarna sy dit by die Emfuleni Plaaslike Munispaliteit aangemeld het, maar tot vandag is daar nog niks aan die probleem gedoen.
Sy het haarself al beseer om die waterlek self te probeer regmaak. “Dit is die vierde dag wat ek nie water het nie en ek weet nie meer wat om te doen nie,” sê Tracey. Sy gebruik tans water van die swembad, maar kan dit nie vir alle doeleindes gebruik nie.

Dalene Venter, DA-raadslid vir Drie Riviere sê sy het die waterlek reeds verskeie kere gerapporteer, maar sal uitvind waarom die lek nog nie herstel is nie.
Ons het tans streng reëls wat gevolg moet word om water te spaar. Die vraag op almal se lippe is egter waarom probleme soos hierdie nie so spoedig moontlik herstel word nie.





