Die twee word daarvan beskuldig dat hulle Victor Rethabile Mlotshwa in ‘n doodkis ingedwing het, na hulle hom voorgekeer het waar hy in die veld gestap het. Hulle het hom glo ook vasgebind en aangerand.
Landdros Dumehleli het die beskuldigdes se persoonlike omstandighede in ag geneem. Beide is getroud met jong kinders, maar landdros Dumehleli is van mening hul vroue en kinders sal nie honger ly oor die Kerstyd nie.
Volgens Oosthuizen en Jackson het Mlotshwa koperkabels gesteel en hulle wou hom ‘n les leer, maar hulle wou hom nie leed aan doen nie. Landdros Dumehleli verwerp die weergawe dat hy koperkabels gesteel het en meen die voorval is brutale rassisme.
Hy betwyfel ook Mlotshwa se weergawe. Hy meen indien die voorval ‘n uur geduur het sou Mlotshwa doodgegaan het van angs en hy wonder ook waarom Mlotshwa so lank gewag het voor hy dokter toe gegaan het.
Oosthuizen en Jackson het die geleentheid om teen landdros Dumehleli se uitspraak te appelleer.
Die saak is tot 25 Januarie 2017 uitgestel.




