CommunityNewsNews

Dinge lyk ietwat beter vir die Vaaldam

Die afgelope paar weke het die Vaaldam sover elke dag 'n styging in die watervlak getoon.

Daar was groot kommer toe die Vaaldam se watervlak gedurende September tot minder as 26% gedaal het.

Te danke aan reënval in die opvangsgebied asook water wat vanaf die Sterkfonteindam vrygestel is, het die Vaaldam se watervlak op 8 Desember  op 38.6% gestaan.

 

Vaaldam watervlak soos aangedui deur Rand Water.
Vaaldam watervlak soos aangedui deur Rand Water.

Hoewel die watervlak stadig maar seker styg word inwoners steeds gevra om water spaarsamig te gebruik.

Ander damme se watervlak lyk as volg:

Sterkfonteindam: 87%

Grootdraaidam: 83.3%

Bloemhofdam: 19.9%

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button