NewsNews

N1-botsings eis 5 lewens; 21 beseer

Vyf mense is dood en 21 beseer in twee verskillende ongelukke wat gisteraand op die N1-Noord plaasgevind het.

Volgens Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder vir ER24, het die eerste borsig tussen ‘n minibus en vragmotor by die Brandfort-afrit, 25km voor Bloemfontein, plaasgevind.

Met noodpersoneel van ER24 se aankoms was twee van die insittendes van die minibus reeds dood en twee ander het op die toneel aan hul beserings beswyk. 18 Mense is beseer gedurende die botsing.

In ‘n ander kop-aan-kop botsing by die Maraisburg-afrit is ‘n man dood, terwyl sy passasier geringe beserings opgedoen het. Die oorledene was in die wrak vasgekeer en noodpersoneel kon ongelukkig niks vir hom doen nie.

‘n Vrou en 4-jarige dogtertjie, wat in die ander voertuig was, is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem.

 

ER24
ER24

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button