NewsNews

Agt rowers doodgeskiet in KZN

Agt vermeende kitsbankrowers is Saterdag dood na hulle in 'n skietgeveg met die polisie betrokke geraak het naby Howick in KwaZulu-Natal.

Die skietgeveg het net voor 21:00 op die R617 in Mpophomeni plaasgevind.

Volgens brig. Jay Naicker, woordvoerder vir die polisie, het lede van die Valke, lede van die misdaadintelligensie-eenheid, honde-eenheid en spesiale taakmag inligting ontvang oor verdagtes wat vermoedelik by ‘n polisiemoord, kitsbankrooftogte en gewapende rooftogte betrokke is. Volgens die inligting was die verdagtes van plan om kitsbanke in Howick op te blaas.

Lede van die spesiale taakmag het probeer om twee voertuie, sowat 15km buite Howick, voor te keer toe die verdagtes in die voertuie op hulle met R5- en AK47 aanvalsgewere begin losbrand.

Agt van die verdagtes is dood en ‘n negende een beseer. Die polisie het beslag op die vuurwapens gelê, asook twee gekaapte voertuie waarin voorbereide kommersiële plofstof gevind is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button