Du Preez sal Woensdag sy lot hoor
Du Preez Vonnis - Dag 1 Artikel 2 Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.

Regter De Vos roep Mev. Tromp terug na die getuiebank.
Regter De Vos vra Tromp uit oor bendes en wat sy weet oor bendes en hul doelstellings en spesifiek die 28 bende. Tromp stel dat geweld maar hul “bottomline” is. Tromp bevestig dat sy nie verdere studies gedoen het oor die 28 bende nie, behalwe dat sy die inligting bekom het dat hulle vat en baklei vir dit wat hulle wil hê.
Du Preez het aan haar getuig dat hy by die bende aangesluit het om homself te beskerm. Tromp getuig dat dit in die begin van sy gevangenis dae was.
Regter De Vos vra Tromp uit oor die laaste weergawe wat Du Preez getuig het dat hulle hom oor die komp geslaan het.
Adv. Van Wyk vra Tromp of Du Preez by enige geweld betrokke was in tronk. Sy sê nee.
Tromp word verskoon.
Adv. Van Wyk verwys na Rina se getuienis dat dit nie korrek was nie en verwys na die proefbeampte verslag.
Regter De Vos vra of dit ‘n verskil maak. Adv. Van Wyk beaam dat dit sekerlik nie ‘n verskil maak nie.
Adv. Van Wyk vra dat die hof moet kyk na die voorgeskrewe minimum vonnis en dat hul sal afwyk van die minimum vonnis.
Adv. Van Wyk plaas dat sy beskuldigde Du Preez nie die moorde gepleeg het nie. Adv. Van wyk vra ook dat die hof die getuienis van Joan in ag moet neem. Du Preez was in ‘n posisie om vir sy ouers te sorg en dat dit sy skuld is dat hy en hulle in die posisie is.
Adv. Van Wyk dui ook aan dat daar geen aanduiding van enige geweld was voor die moorde.
Ad. Van der Merwe verwys:
- Du Preez het self die omstandighede veroorsaak.
- Die misdrade was fyn beplan.
- Indien die polisie nie die wapens gekry het nie sou Du Preez weggekom het met die drie perfekte moorde.
- Du Preez was nie die hof behulpsaam met sy getuienis, veral in die lig van al die weergawes.
- Adv. Van der Merwe stel dat die saak deur die polisie opgelos is en dat Du Preez nie gehelp het nie.
- Met die verwysing na die moord self en dat Du Preez ‘n agressie teenoor Carlia gehad het en dat van hulle wakker was.
- Adv. Van der Merwe vra dat appél nie van pas gaan wees en dat Du Preez nooit die gemeenskap of enige persoon om verskoning gevra het nie.
- Daar word verwys na die jaar in die tronk. Dis net ‘n faktor wat die hof in aanmerking moet bring.
- Die belange van die gemeenskap is dat Du Preez lewenslank moet kry op elke moord.
- Die inpak van die moorde op die familie en vriende moet in ag geneem word.
- Adv. Van der Merwe meen aanklag 4, poging tot regsverydeling, verdien ‘n swaar vonnis. Du Preez het doelbewus die gereg mislei en die moord probeer verberg. ‘n vonnis van 10 jaar word voorgestel.
- Aanklag 5 en 6, die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie het ‘n voorgeskrewe vonnis van 25 jaar, maar die staat stel sewe jaar op elk voor.
Adv. Van der Merwe staan af.
Regter De Vos sê dat die hof Woensdag 14 Desember om 09:00 sal begin waarna Fanie du Preez gevonnis sal word.
Die hof verdaag.



