LifestyleLocal newsNewsSportSponsored

Champions Locksmith en Gunshop

'n Leier op sy gebied met 60 jaar ervaring!

VEREENIGING. – Na 5 jaar in die ou perseel het Champions Locksmith en Gunshop na maande se voorbereiding en baie harde werk hulle nuwe perseel in De Villierslaan, Vereeniging op 1 November 2016 betrek.
Die gebou was voorheen die tuiste van Broderick Marine (oorkant Verbolt).
Met meer as dubbel die vloerspasie van die vorige perseel is dit ‘n droom wat bewaarheid is. Dit is alles oopplan en dit skep ‘n baie welkome en vriendelike atmosfeer.
‘n Opwindende toevoeging vir die Gunshop is ‘n binnehuise skietbaan van 25m wat geskik is vir pistool skiet en kalibers tot 223 asook vir die instel van Teleskope.
Vir kliënte se gerief sal dit beskikbaar wees tot 18:00 saans. Die skietbaan moet net voor die tyd bespreek word.
Die koste beloop R50.00 per sessie (Maksimum een uur).
Daar is ook herlaaifasiliteite beskikbaar vir kliënte wat dalk ladings wil volmaak.
Ons het ook ‘n klein koffiewinkel vir kliënte wat net rustig wil sit en kuier of vir iets wag.
Die Locksmith gedeelte het ook baie meer produkte beskikbaar wat kliënte van die rak af kan kies.
Daar is ook baie meer parkering by die winkel beskikbaar wat voorheen altyd ‘n groot kopseer was. Vir die persone wat goedere veilig wil op en aflaai is daar agter genoeg parkering beskikbaar.
Met die groter spasie en dus groter verskeidenheid in voorraad is Champions Locksmith en Gunshop oorgehaal om die toonangewende winkel van sy soort in die Vaaldriehoek te wees.
Besoek Emil Swanepoel en sy span gerus in De Villierslaan, Vereeniging vir enige advies oor slotte, sleutels en skietgoed of skakel Champions Locksmith en Gunshop by (016) 421 3744 om meer uit te vind oor die dienste wat hier aangebied word.

karin 3 Champions locksmith Karin gunshop5

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button