NewsNews

Ryk woonbuurt in Vereeniging kry skok

VEREENIGING. - Wat doen jy as jou rustige buurt skielik deur klomp studente 'ontwrig' word?

Dit is presies die probleem waarmee inwoners van Drie Riviere-Oos/proper nou sit na een van die huise, volgens inligting, in student-akkomodasie verander gaan word.

Sowat 20 studente het gister hul verskyning by die huis op die hoek van Suikerbos- en Whareerylaan met hul matrasse gemaak en daar is glo plek vir nog.

Inwoners van die buurt, asook die DA-raadslid van Drie Riviere, Dalene Venter, het vinnig aan die werk gespring om die ‘nuwe ontwikkeling’ halt te roep.

‘n Vergadering word vanmiddag  om 17:00 gehou om die saak te ondersoek en verdere stappe daarteen te neem.

 

 

Die bus wat die studente afgelaai het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button