NewsNews

Dag oue baba in reën gelos

'n Babatjie van maar een dag oud is gered na sy in die reën langs die Pumastadion in Witbank gevind is.

‘n Veiligheidswag het die babatjie gister in die veld, naby die hoofingang van die stadion gevind en nooddienspersoneel is ontbied.

Sy het vermoedelik vir twee tot drie ure in die reën gelê en het hipotermie opgedoen. Nooddienspersoneel het dadelik vir die baba droë klere aangetrek en hospitaal toe geneem.

Die polisie in in kennis gestel. Daar is geen identifikasie saam met die baba gevind nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button