NewsNews

Wonderlike nuus vir die Vaaldam

'n Paar maande gelede het groot kommer geheers oor die Vaaldam se watervlak wat onder die minimum vlak gesak het. Vandag kan ons basies sê dié dam is 'byna' weer vol in plaas van amper leeg.

Die watervlak van die Vaaldam was einde 2016 so laag dat water vanaf die Sterkfonteindam vrygelaat is om die Vaaldam ‘n hupstoot te gee. Die Vaaldam het beslis voordeel getrek uit die reën wat die afgelope paar dae oor die Vaaldriehoek uitgesak het.

Rand Water se nuutste watervlak is gister (22 Februarie) bekendgestel en toe was die watervlak van die Vaaldam op 71.7%. waar dit twee maande gelede maar 41.3% (19 Desember) was. Vandag staan die vlak op ‘n allemintige 82.69%.

Inwoners word steeds gevra om water spaarsamig te gebruik al lyk die Vaaldam se watervlak aansienlik beter.

 

Nuutste watervlak soos bekendgestel deur Rand Water op 22 Februarie.

 

Om te dink nie te lank gelede het dit so gelyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button