
Nasa se Spitzer-ruimteteleskoop het die eerste stelsel van sewe planete wat soos ons eie planeet is en om ’n enkele ster gegroepeer is, ontdek. Boonop is drie van hierdie planete se plasing in bewoonbare sones wat beteken die kanse dat lewe daar ontdek kan word is heelwat groter as dié van die ander planete.
Die reuse-vonds hou die rekord vir die grootste aantal planete in ’n bewoonbare sone om ’n enkele ster buite ons eie sterrestelsel.
Al sewe hierdie planete kan moontlik vloeibare water op hê en in ruimte-terme is die ontdekking 40 ligjaar van ons verwyder.
“Die ontdekking kan die belangrikste stukkie in die legkaart in die soeke na bewoonbare omgewings en plekke wat bevorderlik vir lewe wees,” sê Thomsa Zurbuchen, assistent-administrateur van die agentskap se Wetenskapsmissie-direktoraat in Washington.




