NewsNews

Vertragings op N3 na skietery

Motoriste wat vandag die N3 in die Buccleuch-wisselaar noord van Johannesburg wil gebruik, moet maar liefs alternatiewe roetes gebruik.

‘n Vragmotorbestuurder is vanoggend tydens ‘n kaping in die kop geskiet. Met nooddienspersoneel se aankoms by die toneel omstreeks 10:00 vanoggend was die vragmotorbestuurder en veiligheidswag gewond.

Beide is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem.

Die plek waar die N1 noord en die N3 skei is vir verkeer gesluit weens intensiewe ondersoeke van die misdaadtoneel.

Motoriste kan hewige vertragings verwag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button