NewsNews

Vragmotor met lewende kuikens aan die brand gesteek

Chaos het vanoggend in Lichtenburg, Noordwes, uitgebreek toe betogers voertuie met klippe bestook en aan die brand gesteek het.

Een van die vragmotors wat aan die brand gesteek is, het na bewering lewende kuikens vervoer.

Lichtenburg was feitlik van omliggende dorpe geïsoleer. en motoriste is gevra om alternatiewe roetes te volg.

Die R503-roete word die ergste geraak.

Volgens een van die inwoners van die dorp is ’n koerierdiens se bussie ook stukkend gegooi. Van die omliggende plaaspaaie is versper, wat boere verhoed om met bestaande grondpaaie die dorp te bereik.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button