News

Rubbelkoeëls ingespan om betogers op die N12 te beheer

Die polisie moes vanoggend rubberkoeël inspan om ontstoke betogers op die Goue Hoofweg-snelweg na Lenasia, onder beheer te bring.

Die groep betogers het glo vroegoggend onder meer sand op die pad gegooi en verskeie motors het teen die sand op die pad ingeploeg.

Sommige inwoners van Lenasia en Eldoradopark kon nie by die werk uitkom as gevolg van die protesaksie nie.

Een van die vulstasies in die omgewing het deurgeloop en voertuie aan die brand getseek.

Die N12 is intussen oopgestel, maar die Goue Hoofweg is nog steeds vir verkeer gesluit vanweë klippe en brandende bande op die pad.

Motoriste word gevra om alternatiewe roetes te volg.

Die hoofingang na Eldoradopark vanaf die hoofweg word ook versper.

Die protesaksie hou vermoedelik verband met behuising in die gebied.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button