News

Vrou doodgery op R59

'n Tragedie het vanoggend op die R59 afgespeel toe 'n jong vrou deur 'n vragmotor doodgery is.

Die vrou het na bewering uit haar voertuig geklim omdat sy van agter in ‘n ander voertuig vasgery het. ‘n Aankomende vragmotor het haar getref.

Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Livhuhani Hani, sê ‘n 21-jarige vrou het in die rigting van Sasolburg in mistige toestande en druk verkeer gery toe sy met haar motor teen ‘n motor voor haar gebots het.

Verkeer is vroeër vandag na die R59 herlei omdat daar ‘n ongeluk op die R82 was.

‘n Deel van die R82 was vir verkeer gesluit nadat ‘n vragmotor vermoedelik ‘n ander vragmotor verbygesteek het en reg van voor teen ‘n aankomende motor gebots het. Twee mense in dié motor is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.

Die voorval waar die vrou doodgery is, het tussen Sasolburg en Vereeniging plaasgevind.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button