Verdagtes wat besighede in VDBP terroriseer agter tralies
VANDERBIJLPARK - Die Vanderbijlpark SAPD was die naweek hard aan die werk om misdaad te bekamp en die wat die wet oortree te probeer vastrek.
Volgens sersant Gertrude Makhale, woordvoerder vir die Vanderbijlpark SAPD, het hulle die afgelope naweek 18 mense vir verskeie misdade in hegtenis geneem.
Twee verdagtes wat verbind kan word in besigheidsrowe en inbrake in die SE en SW gebied is in hegtenis geneem. Volgens Makhale het die verdagtes besighede geterroriseer en het hulle nie geskroom om ‘n wapen uit te ruk en iemand te skiet nie.
Die polisie kon verder daarin slaag om sewe mense vir dronkbestuur en twee mense vir die besit van gesteelde goedere te arresteer.
‘n Onwettige sjebien ook gesluit.
Sy het die lede van die Vanderbijlpark SAPD geloof vir hul harde werk.




