News

Wat hou die nuwe brandstofprys in?

Motoriste kan ‘n effense verligting verwag met die verlaging van brandstofpryse op 5 Junie 2017.

Die Automobiel Assosiasie (AA) voorspel ‘n verlaging van 26 sent per liter op petrol terwyl diesel met bykans 20 sent verlaag kan word.

Verlede maand moes motoriste maar die verhoging in die brandstofprys sluk. Petrol het in Mei met 49 sent per liter gestyg, terwyl diesel 30 sentper liter meer gekos het.

Volgens die Sentrale Energiefonds se nuutste syfers is die oorverhaling op 95-oktaan-petrol 22c per liter. Op 93-oktaan-petrol is dit 26c per liter, en op die groothandelprys van diesel 20c vir albei grade.

Die goeie nuus is toe te skryf aan die Rand se versterking teenoor die VSA Dollar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button