Henley-moord: Man koelbloedig doodgeskiet
HENLEY-ON-KLIP. - 'n Tragiese toneel het Vrydagaand in Henley-on-Klip afgespeel toe 'n man koelbloedig by sy huis doodgeskiet is

Volgens konst. Maria Letsele, woordvoerder vir Meyerton SAPD, was die man, sy vrou en hul kind by die huis toe die voorval plaasgevind het.
Konst. Letsele sê die man was in die rekenaarkamer toe sy vrou hom hoor skreeu: “sluit jouself en die kind in die kamer toe.”
Sy het gemaak soos hy gesê het en oomblikke later het sy een geweerskoot hoor afgaan.
Toe dit stiller is het sy uitgegaan waar sy haar man met een skietwond in sy kop gevind het.
Sy het onmiddelik die polisie ontbied waarna hulle die toneel vir vingerafdrukke en leidrade gefynkam het.
‘n Saak van moord word ondersoek.
Enige persoon met inligting kan lt.kol Maya by Meyerton SAPD skakel.
Vaalweekblad kon nog nie meer inligting oor die voorval bekom nie.



