News
Drie vas vir onwettige visvang-bedrywighede
VANDERBIJLPARK. - Drie verdagtes is gister gearresteer vir hul onwettige visvang-bedrywighede wat hulle by die Vaaldam uitoefen.

Die polisie se watervleuel in samewering met Johannesburg, Pretoria en die Oosrand is besig om die Vaaldam te fynkam vir onwettige visnette.
Hulle het tussen gister en vandag 25 nette uit die Vaaldam gehaal en drie verdagtes gearresteer.
Hulle beplan om volgende week hul aandag op riviere te plaas om sodoende die misdaad hok te slaan.
Indien enige persoon inligting het of weet van sulke bedrywighede kan 079 886 3604 geskakel word
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



