In hierdie week se uitgawe (28 Junie)
Kry jou uitgawe van Vaalweekblad by jou naaste straatverkoper of kafee teen slegs R5-40.

* ‘n Fratsbotsing buite Cradock eis die lewe van ‘n geliefde pastoor van die Vaaldriehoek, terwyl haar man en kind ook ernstig beseer is. Vaalweekblad se innigste simpatie aan haar gesin en die Nuwe Lewe Gemeente.
* Raar maar waar… die ANC-kantoor in Vereeniging het ‘n duspuut verklaar teen die ANC-beheerde Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) en skuld ELM reeds meer as R600 000. Lees meer hieroor in DA-rdl. Kingsol Chabalala se verklaring.
* Die geweld in Vaaldriehoekse townships is direk te wyte aan burgemeester Simon Mofokeng se swak leierskap, sê raadslid Gerda Senekal van die VF+.
* Brand by Springbok-woonstelle: Gesinne wat al hul aardse besittings verloor het, vertel meer.
* Emfuleni skuld meer as R70 000 aan Rand Water maar water stroom steeds lustig uit gebarste pype en ander verwaarloosde infrastrutuur.
* Bejaardes wat moeilik loop: Lees hoe kan jy ‘n permit kry om op parkering vir gestremdes of ma’s met stootwaentjies te mag parkeer.
SPORT:
* Lees alles oor die komende Valke-eindstryde wat op 24 Julie in Vanderbijlpark plaasvind.
* Dokkiegolf spoel Gimmies weg
* Panne troef V’ging tuis
* Anker spog met rugby-breintrust sonder gelyke
* Nashua-week beloof kookwater-rugby
Kry jou nuwe Vaalweekblad vandag! Lekker lees!



