News

Motorfietsryer kritiek na ongeluk

'n Motorfietsryer is in 'n kritieke toestand hospitaal toe geneem na hy in 'n ongeluk betrokke was.

Die ongeluk het vanoggend net na 11:00 op die N4, Vilgers, noord van Johannesburg plaasgevind.

Paramedici van ER24 is na die toneel ontbied waarna hulle die man gestabiliseer het voor hy hospitaal toe geneem is.

Die bestuurder van die ligte voertuig, waarmee die motorfietsryer gebots het, het geringe beserings opgedoen.

Die motorfietsryer is sowat 15m van sy motorfiets gekry.

Die voorval word ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button