News

Beskerm jou huis en woonbuurt só

Die Facebook-blad SA het die volgende nuttige wenke gegee oor hoe om joi woning en buurt te beskerm.

Daar is meer faktore wat bydrae tot misdaadvoorkoming as net slotte, hekke, alarms en ligte. Die feit is, bure wat vir mekaar omgee en vir mekaar se belange uitkyk is die eerste lyn van verdediging teen misdaad. Jy hoef nie noodwendig eers van jou bure te hou nie – al wat jy moet doen is om ‘n klein bietjie menslikheid toe te pas – gee vir ‘n slag bietjie van jou self – dit sal veelvuldig terugkom na jou toe. Dit vat net ‘n klein bietjie van jou tyd en aandag, en die resultate sal vanself spreek.

As hierdie eerste kritiese verdedigingslyn misluk, is die stryd teen misdaad meer as halfpad reeds verloor. Met ander woorde – as ons almal net vir ons self omgee en ons self beveilig, speel ons reg in die hande van die misdadigers – dit is presies wat hulle wil hê – ‘n kraak in die muur, ‘n gat in die draad of ‘n gaping in die verdediging. Mens kan dit baie goed vergelyk met ‘n rugbywedstryd – as daar gapings in die verdediging gelos word, dan word daar driee gedruk teen daardie span. Daar is dus eintlik net twee keuses wat ons kan maak – ons is OF TOTAAL TEEN misdaad OF ons is eintlik, in die praktyk VIR misdaad.

As jy jou bure nie eers ken nie, dan het julle hier wel ‘n aanknopings punt – MISDAAD!! Praat met jou bure en vertel hulle van jou bekommernisse oor misdaad in julle straat, woonbuurt, op plase en die groter gemeenskap. Sê jy is bekommerd oor die honde wat so baie blaf, die muurspringers wat julle so verpes en die talle mense en voertuie wat net “rondhang” in die buurt of in die plaas omgewing. Ruil inligting uit en vergelyk julle ervaringe met mekaar. Hulle gaan tien teen een presies dieselfde voel as jy??

Nou kan julle besluit om “iets” te doen aan die gesamentlike probleem. Waar daar reeds ‘n Buurtwag of Plaaswag is, besluit om sommer saam aan te sluit en aktief deel te neem. Ry saam patrollies, ruil inligting uit en PRAAT MET MEKAAR!! Kry vir julle radios en ruil telefoonnommers uit. Gaan mekaar se erwe of plase deur en wys mekaar se swak punte of onveilige plekke uit. Waar daar nie ‘n Buurtwag of Plaaswag is nie, praat met meer mense en stig een. Daar is spesifiek wette onder die GPF/CPF sisteem wat presies aandui hoe dit gedoen moet word.

Gee alle inligting wat julle kry en dinge waaroor julle bekommerd is deur na die plaaslike GPF en SAPD. Rapporteer ALLE verdagtes, voertuie en voorvalle, al is dit hoe gering. As hulle nie inligting kry nie neem hulle aan alles is goed en wel in die woonbuurt of plaas gemeenskap.

Gee om vir mekaar, kyk na mekaar se veiligheid, wees in die regte span en “close the gap” !!!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button