News
Pasgebore baba in asblik gevind
'n Pasgebore baba is gister lewendig in 'n asblik in Olievenhoutbosch, naby Pretoria gevind.

Volgens Nick Dollman, woordvoerder vir Netcare911, is paramedici na die polisiestasie ontbied omdat die baba gesukkel het om asem te haal.
Die plasenta was nog aan die baba gewees.
Die persoon wat die baba gevind het, het hom na ‘n kerk geneem en in ‘n kombers toegedraai en polisiestasie toe geneem.
Hulle vermoed die baba is deur die loop van die aand in die asblik gegooi.
Die baba is vir hipotermie behandel en toe hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



