CommunityLocal newsNewsNews
Ontbinde liggaam in rivier gevind
'n Vrou van Heidelberg, Gauteng, het 'n skokontdekking gemaak toe een van haar kinders 'n onbekende voorwerp in die rivier opgemerk het.

Die vrou het haar kinders gevat om te gaan speel toe een van hulle ‘n ongewone voorwerp, wat aan ‘n tak van ‘n boom vasgetrengel was, gesien het.
Sy het nader gegaan en gesien dit is ‘n liggaam van ‘n man en dadelik die polisie ontbied.
Die ontbinde liggaam van ‘n man, vermoedelik tussen 30 en 35, is deur polisieduikers uit die Blesbokspruit gehaal.
Die man het ‘n swart T-hemp en broek aangehad, maar sy identiteit is onbekend.
Indien enige persoon weet van ‘n wit, manlike persoon wat ‘n paar dae gelede vermis geraak het, kan Heidelberg-polisie by 016 341 0361 geskakel word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



