News

Walkerville-ongeluk: Voertuig kom tot stilstand op bestuurder

MEYERTON. - 'n Man is in 'n kritieke toestand hospitaal toe geneem na hy in 'n ongeluk op die R557 in Walkerville betrokke was.

Paramedici van ER24 het net voor 00:00 by die toneel aangekom waar hulle die voertuigwrak ‘n ent van die pad af gevind het. Die bestuurder het langs die voertuig gelê.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, word daar vermoed dat die man uit die voertuig geslinger is toe dit van die pad af gerol het.  Die man was vasgekeer onder die voertuig, na dit vermoedelik bo-op hom tot stilstand gekom het. Lede van die gemeenskap het die voertuig van hom afgestoot.

Die man is op die toneel behandel voor hy na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal toe geneem is vir verdere mediese sorg.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button