News
Pasiënt kritiek na ongeluk op R59
MEYERTON. - Motoriste word gevra om versigtig te ry op die R59 by die Pierneef-afrit na 'n ongeluk 'n rukkie gelede daar gebeur het.

Volgens inligting het een voertuig gerol.
Nooddienspersoneel van ER24 en Midvaal Brandweer is na die toneel ontbied.
Twee pasiënte het ernstige beserings opgedoen, terwyl ‘n ander pasiënt kritiek beseer is.
Al drie pasiënte word tans op die toneel behandel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



