“Ons is gatvol” (video: Jannie du Plessis)
"Ons is gatvol" (video: Jannie du Plessis)
VANDERBIJLPARK. – “Ons is gatvol” is die woorde van die Vanderbijlparkpolisie se stasiebevelvoerder, brigadier Hoaeane, en is beaam deur die MEC vir gemeenskapsveiligheid Me. Sizakele Nkosi-Malobane by ‘n groot massa-optog Maandag 16 Oktober.
Die MEC, stasiebevelvoerders, polisie, sekuriteit maatskappye, die Communitity Police Forum, die Community Support Forum, Afriforum, Gauteng Community Safety, ER24, plaaslike en Gauteng verkeer en verskeie ander rolspelers en organisasies het deelgeneem aan ‘n opmars vanaf Cicil Oldridge na de Foreststraat waar die polisie verlede Dinsdag 10 Oktober met die Nigeriese uitlanders slaags geraak het.



