NewsNews

Een dood in R59-ongeluk; ander beseer

MEYERTON. - Een persoon is dood en vier ander beseer na 'n ongeluk op die R59 by die Pierneef-afrit, rigting Suid.

Die ongeluk het net na 08:00 vanoggend tussen drie voertuie plaasgevind.

Twee mense het ernstige beserings opgedoen en twee ander ligte beserings.

Paramedici van ER24 het die beseerde pasiënte op die toneel behandel voor hulle hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.

Daar is op die oomblik steeds ‘n verkeersophoping en motoriste word gevra om geduldig te wees tot die ongelukstoneel opgeruim is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button