Country-liefhebber van Sasolburg skryf:
Namens alle Country-liefhebbers in die Vaaldriehoek bring ek graag hulde aan ‘n groot musiek-ster en ‘n mens met ‘n groot hart, Fredi Nest, wat verlede week aan kanker gesterf het.
Ons sal sy vriendelikheid, grappies en gasvryheid tydens sy Vaaldriehoekse vertonings nooit vergeet nie. Hy kon ‘n mens uit die donkerste gat uit oplig met sy vrolike sang. Hy is beslis te jonk van ons af weggeneem, maar sy musiek leef voort in ons harte.


