News
Chaos toe vragmotor omval
Drie mense is beseer toe 'n vragmotor vanoggend van die N3 op die M13, in Cowies Hill in KwaZulu-Natal, omgeval het.
Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel het hulle die vragmotor langs die kant van die pad gevind. Die drie insittendes het toe reeds uitgeklim en op die toneel rondgeloop.
Paramedici het die insittendes op die toneel behandel voor hulle hospitaal toe geneem is vir verdere mediese sorg.
Twee het ernstige beserings opgedoen en die ander een geringe beserings.
Die verkeer was vir ‘n geruime tyd erg ontwrig.
Die voorval word ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



