AmusingLifestyleLocal newsNews

Vele in vervoering oor reuse-varkoor

Nadat die varkoorplant in die binnehoffie van Nico en Hannatjie Oosthuysen se huis in Vereeniging die afgelope 10 jaar slegs een blom per jaar gedra het, is die egpaar vanjaar sommer met vyf blomme na mekaar bederf

 

Nadat die varkoorplant in die binnehoffie van Nico en Hannatjie Oosthuysen se huis in Vereeniging die afgelope 10 jaar slegs een blom per jaar gedra het, is die egpaar vanjaar sommer met vyf blomme na mekaar bederf – en elkeen probeer groter as die vorige wees! Volgens Nico was die vierde blom die grootste. Dié foto is geneem toe hy onlangs by sy kollegas by die Vaal Universiteit van Tegnologie gaan spog het. Volgens almal is dit die grootste en mooiste varkoor wat hulle nog ooit gesien het. “Daar was net iets in hierdie lente se weer waarvan varkore baie hou,” sê Nico.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button