CommunityLocal newsNews
Bakkie verloor smaaklike vrag op snelweg
Die R59-snelweg by die Voortrekkerafrit in Vereeniging was op 6 Desember besaai met houers vol lekkernye

Die R59-snelweg by die Voortrekkerafrit in Vereeniging was op 6 Desember besaai met houers vol aartappelskyfies en ander lekkernye nadat ‘n bakkie wat vanaf Redan na Vereeniging gery het, in ‘n ongeluk betrokke was. Die voorval het glo gebeur toe die bakkiebestuurder in die reën beheer oor die voertuig verloor het en dit gerol het. ER24 was op die toneel om hulp te verleen, maar gelukkig was daar geen ernstige beserings nie. Foto’s: Chris Smuts


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



