News
Pype bars as gevolg van waterdruk
Werknemers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is glo hard aan die werk om die waterpype wat gister skielik begin bars het te herstel.
In ‘n verklaring sê die munisipaliteit die pype het gebars omdat dit nie die verhoogde waterdruk kon hanteer na Rand Water die watertoevoer ten volle herstel het nie.
Hulle is reeds besig met herstelwerk en die watertoevoer na Vereeniging en Arconpark sal tydelik opgeskort wees tot 18:00 vanaand.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



