News
Kerke wil ingryp by Overvaal
VEREENIGING. - Afgevaardges van die Suid Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) in Gauteng het vanoggend met die skoolbestuur van Hoërskool Overvaal vergader en wil graag help om 'n einde te bring aan die situasie by die skool.
Volgens ds. Gift Moerane, sekretaris van die SARK in Gauteng, hoop hulle om teen Vrydag ‘n oplossing te vind. “Die kerke hoop om in ‘n bemiddelingsproses met die skoolbestuur te tree. Die situasie kan net om die tafel opgelos word.”
Lede van die onderwysvakbond Sadto is steeds besig om buite die skool te betoog en sing: “voertsek Afrikaans, voertsek.”
Daar is swaar polisie teenwoordigheid by die skool.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



