LetterOpinions

Gewillige hande maak groenstrook skoon

CW Fourie van die Metsimaholo-inligtingsgroep skryf:

CW Fourie van die Metsimaholo-inligtingsgroep skryf:
Aan die einde van dag twee van ons eerste aksienaweek waar ons die groenstrook tussen Hoërskool Sasolburg en Fakkel Skool aangepak het, kan ons met trots terugvoer gee en sê dat die naweek ‘n reuse-sukses was vir hierdie groep.
Hoewel ons nie die hele groenstrook kon skoonmaak in die tyd met die gereedskap en die aantal mense tot ons beskikking nie, het ons wel ‘n massiewe impak gemaak op die gebied waaraan ons wel aandag kon gee.
Ongelukkig is ‘n naweek net twee dae lank en daar is ook net soveel bruikbare ure in ‘n dag wanneer so ‘n taak aangepak word. Soos reeds belowe is, sal ons voor- en na foto’s plaas vir diegene wat nie ‘n benul het van die taak wat ons aangepak het en die verskil wat ons gemaak het nie. Ons nooi egter almal om te gaan kyk wat wel in so ‘n kort tyd vermag kan word, ten spyte van ‘n tekort aan mense en toerusting. Ons as organiseerders van die groep wil elkeen bedank vir sy of haar bydrae gedurende die naweek. Elke minuut wat julle afgestaan het om ons by te staan, het ware vrugte gelewer. Ons wil ook die mense bedank wat nie direk by die aksie betrokke was deur daar te wees nie, maar wat ons op ander maniere ondersteun het.
‘n Spesiale dankie dan ook aan die besighede wat ons ondersteun het. Sonder julle hulp en bystand sou ons beslis nie so ver gevorder het soos wat ons gedoen het nie.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button